Die Doelgerigte

Lewe

(Rick Warren)

 

(Terug na Inhoudsopgawe)

 

Ek het die boek “Die Doelgerigte Lewe” geskrywe deur Rick Warren, gelees en dit as ‘n baie handige bron van inligting gevind. Alhoewel daar een of twee dinge is wat ek nie heeltemaal eens voel nie voel ek tog dat daar groot waarde vir elke mens daarin vervat is. Dit wys jou wat jou doel hier op aarde is en waarvoor jy en geskep is en hoe jy moet wees. As hierdie dinge vir jou saak maak, behoort jy hierdie boek aan te skaf en deur te werk. Ek twyfel of enige iemand wat nie gelowige is, by sulke litratuur uitkom nie maar dat ek en u wat hierdie waardes het, dit deel van ons lewe gemaak het en dit uitleef, dat dit dan ons God gegewe taak is om dit nie net aan afvalliges te verkondig nie maar ook aan die ongelowiges, met ander woorde, die mense sonder God.

 

Ek het ook in my lewe al gewonder “Waarvoor het God my gespaar en genees het van ‘n siekte toe ek nog ‘n baie klein kind van twee jaar oud was? Wat is God se doel met my?” Rick se vraag “Wat op aarde doen en nou eindelik hier?” het daardie gedagte weer verfris. Ek was as kind baie erenstig siek en het gely aan “TB” of “Turbukolose” wat ‘n long siekte is. Daar was gawes (visioene en profesies) bekend gemaak aan my Vader en Moeder dat ek sou sterf, maar God het sy wil verander en my gesond gemaak. Later toe ek in my lewe daaroor nadink het ek daaroor gewonder. Daar het baie dinge in my lewe gebeur wat my lewe baie deurmekaar gemaak het.

 

Ek het vasgehou aan die Goddelike dinge wat ek deur profesies gehoor en ervaar het as kind en geweet dat daar iets besonders is. Deur al die moelike tye het ek deur die Bybel gewerk, navorsing gedoen, litratuur gelees, aantekeninge gemaak en opklarings verkry. Deur dit te doen het ek gevoel dat God nog by my was en my kop bo water gehou het. Ek het eers die dinge regtig besef toe omstandighede in my lewe rustige geword het en besef dat God my geseën het. Onder andere was daar meer as een afleggings by die maatskappy waar ek werk. Ek is van een afdeling na ‘n ander verskuif deurdat die afdelings se funksies oorbodig gesien is en dit afgeskaf is. Dus ek het my werk behou. In die laaste pos waarin ek my bevind het, het ek begin vorder en het goeie verhogings begin kry as ook bevordering, maar hierdie seëninge het werklik gebeur toe ek myself kon wy aan God, ek en my gesin.

 

Ek staan nou ook in die bediening en het die lewe van Christus aangeneem en ek poog om dit my leefwyse te maak. Dit is waarom dit belangrik is dat ons moet weet, soos Rick dit stel, “God wil hê jy moet die lewe ontdek wat Hy vir jou geskep het om te lewe, nou en vir ewig.”

Ef 1:11

11  in Hom in wie ons ook 'n erfdeel ontvang het nadat ons vantevore daartoe verordineer is ooreenkomstig die voorneme van Hom wat alles werk volgens die raad van sy wil,

11  In whom also we have obtained an inheritance, being predestinated according to the purpose of him who worketh all things after the counsel of his own will:

 

12  sodat ons kan wees tot lof van sy heerlikheid, ons wat reeds tevore op Christus gehoop het,

12  That we should be to the praise of his glory, who first trusted in Christ.

 

13  in wie julle ook, nadat julle die woord van die waarheid, die evangelie van julle redding, gehoor het, in wie julle, nadat julle ook geglo het, verseël is met die Heilige Gees van die belofte,

13  In whom ye also trusted, after that ye heard the word of truth, the gospel of your salvation: in whom also after that ye believed, ye were sealed with that holy Spirit of promise,

 

14  wat die onderpand is van ons erfdeel om sy eiendom te verlos tot lof van sy heerlikheid.

14  Which is the earnest of our inheritance until the redemption of the purchased possession, unto the praise of his glory.

 

Ons kan net deur Christus deel word van die volk van God soos Hy dit bestem het. Ons begin dan met ‘n reis wat ‘n doel het, ‘n Geestelike reis en ‘n reis wat ons op die ewigheid voorberei. As hierdie besef by jou opkom en jy verstaan dit dan is dit belangrik soos Rick sê dat ons dan moet tyd vat om oor die implikasies van ons lewe na te dink.

Rom 12:2

2  En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.

2  And be not conformed to this world: but be ye transformed by the renewing of your mind, that ye may prove what is that good, and acceptable, and perfect, will of God.

 

Met ander woorde, ons denke moet verander van ‘n natuurlike denkend na ‘n geestelike denkende mens. Want soos Rick sê, “Alles begin met God!”

Kol 1:16

16  want in Hom is alle dinge geskape wat in die hemele en op die aarde is, wat sienlik en onsienlik is, trone sowel as heerskappye en owerhede en magte--alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape.

16  For by him were all things created, that are in heaven, and that are in earth, visible and invisible, whether they be thrones, or dominions, or principalities, or powers: all things were created by him, and for him:

 

17  En Hy is voor alle dinge, en in Hom hou alle dinge stand.

17  And he is before all things, and by him all things consist.

 

18  En Hy is die Hoof van die liggaam, naamlik die gemeente; Hy wat die begin is, die Eersgeborene uit die dode, sodat Hy in alles die eerste kan wees.

18  And he is the head of the body, the church: who is the beginning, the firstborn from the dead; that in all things he might have the preeminence.

 

Die geestelikheid gaan nie oor jou nie maar oor God. Want sê Rick dat jou lewensdoel veel groter is as jou persoonlike vervulling of selfgeluk. Met ander woorde, ek gaan nie kerk toe met die gedagte of soeke van ‘n kerk wat aan my behoeftes voldoen nie, maar dit moet oor die vervulling van God se behoefte wees want “jy is vir God se doel gebore.”

 

God het jou geskep en jy bestaan omdat God wil hê jy moet bestaan. Daarom moet jy vandag God en sy Seun Jesus Christus vind want sê Rick, “in God word jou oorsprong, betekenis, doel, sin vir bestaan en lotsbestel ontdek.” Jy moet net toelaat dat God jou vir sy doel gebruik.

Rom 8:6-7

6  Want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede,

6  For to be carnally minded is death; but to be spiritually minded is life and peace.

 

7  omdat wat die vlees bedink, vyandskap teen God is; want dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit kan ook nie.

7  Because the carnal mind is enmity against God: for it is not subject to the law of God, neither indeed can be.

 

8  En die wat in die vlees is, kan God nie behaag nie;

8  So then they that are in the flesh cannot please God.

 

9  julle is egter nie in die vlees nie, maar in die Gees, as naamlik die Gees van God in julle woon. Maar as iemand die Gees van Christus nie het nie, dié behoort nie aan Hom nie.

9  But ye are not in the flesh, but in the Spirit, if so be that the Spirit of God dwell in you. Now if any man have not the Spirit of Christ, he is none of his.

 

Jou doelwit moet wees om die ewige lewe te vind, m.a.w. om Christus te vind want hy sê in die Bybel dat hy die Weg, die Waarheid en die Lewe is en niemand kom na die Vader behalwe deur die Seun nie. Ook moet ons doelwit wees, soos Rick dit stel, “word wat God jou geskep het om te wees.”

 

Rick stel dan ook vyf doele of teikens voor.

 

1Kor 2:6-7

6 ¶ Tog spreek ons wysheid onder die volwassenes, maar 'n wysheid nie van hierdie wêreld, of van hierdie wêreld se heersers, wat vergaan nie.

6 ¶ Howbeit we speak wisdom among them that are perfect: yet not the wisdom of this world, nor of the princes of this world, that come to nought:

 

7  Maar ons spreek die wysheid van God, wat bestaan in verborgenheid wat bedek was en wat God van ewigheid af voorbeskik het tot ons heerlikheid,

7  But we speak the wisdom of God in a mystery, even the hidden wisdom, which God ordained before the world unto our glory:

 

Maar om daarby uit te kom, sê Rick jy moet besef dat God nie net die wegspringplek is nie maar die bron van jou lewe is, m.a.w. God moet die spil, die kern wees waarom jou lewe draai want jou lewensdoel pas in ‘n veel groter deel wat God vir die ewigheid ontwerp het. Hy sê dat jy nie net gebeur het of net per ongeluk daar is nie want niks is toevallig nie. Jy is uitverkies om heilig en onbevlek voor Hom te wees. Die Bybel sê dat God jou uitverkies het. Jy is dus spesiaal.

 

Om Wedergebore te wees, is om uit God gebore te wees, sê die Bybel. God is liefde en liefde is die wese van God se karakters. Jou lewe moet liefde uitdruk want jy word uit God gebore en dra sy eienskappe.

 

Daar moet dus ‘n dryfkrag wees in jou lewe. Wat is die dryfkrag – vra Rick? Want ‘n mens sonder doel is soos ‘n skip sonder stuur. Dit val rond en is rigtingloos, het geen standvastigheid nie en is doelloos.

 

Rick sê dat “‘n Doelgerigte Lewe” het sy voordele:

 

1.                  Lewe het ‘n betekenis – Hoop laat jou aan die gang bly.

2.                  Lewe is veel eenvoudiger.

3.                  Lewe het ‘n fokus – nie van rigting verander nie.

4.                  Jy word op die ewigheid voorberei as jy jou doel ken.

 

Rick sê dat jy gemaak is om vir ewig te hou.

Pred 3:14

14  Ek het ingesien dat alles wat God doen, vir ewig sal bestaan; daar kan niks bygevoeg en daar kan niks van weggeneem word nie; en God het dit so gemaak dat hulle moet vrees voor sy aangesig.

14  I know that, whatsoever God doeth, it shall be for ever: nothing can be put to it, nor any thing taken from it: and God doeth it, that men should fear before him.

 

15  Alles wat is, was alreeds; en wat sal wees, was alreeds; en God soek weer op wat verbygegaan het.

15  That which hath been is now; and that which is to be hath already been; and God requireth that which is past.

 

Dit word gestaaf deur die volgende:

-                      Jy is na die beeld van God geskep om vir ewig te lewe.

-                      Jou natuurlike liggaam is net ‘n tydelike huis vir jou siel.

-                      Ewigheid bied net twee keuses – Hemel of Hel (met of sonder God).

-                      Verhouding met God nou, gaan jou verhouding met Hom in die ewigheid bepaal – Met of Sonder.

-                      Die dood beeïndig jou nie maar is die oorgang (die deur) na die ewigheid. Daar is dus ewige gevolge vir wat jy nou doen.

-                      Hou visie van die ewigheid altyd in gedagte.

-                      Die Bybel gee ‘n kykie na die ewigheid.

-                      Jou dade van nou bepaal die lotsbestel van die volgende.

-                      Berei jou voor elke dag asof dit die laaste is.

Jak 4:14

13  Kom nou, julle wat sê: Vandag of môre sal ons na dié en dié stad gaan en daar een jaar deurbring en handel drywe en wins maak--

13  Go to now, ye that say, To day or to morrow we will go into such a city, and continue there a year, and buy and sell, and get gain:

 

14  julle wat nie eens weet wat môre sal gebeur nie. Want hoedanig is julle lewe? Dit is tog maar 'n damp wat vir 'n kort tydjie verskyn en daarna verdwyn.

14  Whereas ye know not what shall be on the morrow. For what is your life? It is even a vapour, that appeareth for a little time, and then vanisheth away.

 

15  In plaas dat julle sê: As die Here wil en ons lewe, dan sal ons dit of dat doen.

15  For that ye ought to say, If the Lord will, we shall live, and do this, or that.

 

-           God toets jou lewe vandag, jou karakters, geloof, gehoorsaamheid, liefde, integriteit en lojaliteit. Dit toon jou karakter.

 

Rick verwys ook dat ons bring eer aan God deur:

-           te aanbid – daadsaak

Rom 6:13 en 19

13  En moenie julle lede stel tot beskikking van die sonde as werktuie van ongeregtigheid nie, maar stel julleself tot beskikking van God as mense wat uit die dode lewend geword het, en julle lede as werktuie van geregtigheid in die diens van God.

13  Neither yield ye your members as instruments of unrighteousness unto sin: but yield yourselves unto God, as those that are alive from the dead, and your members as instruments of righteousness unto God.

19  Ek spreek menslikerwys ter wille van die swakheid van julle vlees; want net soos julle jul lede diensbaar gestel het aan die onreinheid en wetteloosheid om wetteloos te wees, so moet julle nou jul lede diensbaar stel aan die geregtigheid tot heiligmaking.

19  I speak after the manner of men because of the infirmity of your flesh: for as ye have yielded your members servants to uncleanness and to iniquity unto iniquity; even so now yield your members servants to righteousness unto holiness.

-           lief te hê.

-           om soos Christus te word – Geestelik volwasse = dink, voel en optree.

-           ander met gawe te bedien.

-           ander van Hom te vertel.

 

Rick stel ook die vraag: “Wanneer gaan jy leef?” Leef tot eer van God deur prioriteite, skedules, verhoudings, toewyding ens te verander. Ja, want jou leefwyse word nou verander en jou toewyding vereis dat God se saak nou eerste gestel word en al die ander word daarom beplan.

 

Rick gee dan vir ons die volgende:

 

Doel 1: Jy is vir God de behae beplan.

Op 4:11

11  U is waardig, o Here, om te ontvang die heerlikheid en die eer en die krag, want U het alles geskape en deur u wil bestaan hulle en is hulle geskape.

11  Thou art worthy, O Lord, to receive glory and honour and power: for thou hast created all things, and for thy pleasure they are and were created.

 

-                      behae is aanbidding: daar is ‘n behoefte = wat ‘n leefwyse is.

-                      Oorgawe – Gee julself as lewende offers – word genoem “Kruis opneem”

-                      Erken jou beperkings: Meeste mense soek nog omdat daar nie groei is nie want hulle het nog die einde van hulself bereik nie.

-                      Beste manier om te leef: Nie op jou eie planne konsentreer nie.

 

Doel 2: Jy is vir God se familie geskep.

Heb 2:10-11

10 ¶ Want dit het Hom betaam, ter wille van wie alle dinge en deur wie alle dinge is, as Hy baie kinders na die heerlikheid wou bring, om die bewerker van hulle saligheid deur lyde te volmaak.

10 ¶ For it became him, for whom are all things, and by whom are all things, in bringing many sons unto glory, to make the captain of their salvation perfect through sufferings.

 

11  Want Hy wat heilig maak, sowel as hulle wat geheilig word, is almal uit Een; om hierdie rede skaam Hy Hom nie om hulle broeders te noem nie,

11  For both he that sanctifieth and they who are sanctified are all of one: for which cause he is not ashamed to call them brethren,

-           God het jou uitverkies.

-           Omdat God liefde is, is God se hele wese verhoudings gesind.

-           Jou geestelike familie is belangriker as die fisiese, dit duur vir ewig. Jou fisiese is tydelik.

-           Jy het dinge gekry, familie naam, ooreenkoms, voordele en erfenis.

 

-           Wat is die erfenis?

*    om ewig met God te wees,

*    jy is ‘n veranderde mens soos Christus,

*    jy deel in God se heerlikheid,

*    jy kry familietrots – nie skaam om te sê tot watter kerk/groep jy behoort nie.

-           liefde: beste gebruik van ons lewe – hoogste prioriteit – leer om ander lief te hê.

-           liefde hou vir ewig.

1Kor 13:13

13  En nou bly geloof, hoop, liefde--hierdie drie; maar die grootste hiervan is die liefde.

13  And now abideth faith, hope, charity, these three; but the greatest of these is charity.

 

-           liefde is die geheim van ‘n erfenis wat lank hou.

-           God meet jou geestelike volwassenheid aan die gehalte van jou verhoudings.

Mat 25:40

40  En die Koning sal antwoord en vir hulle sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen.

40  And the King shall answer and say unto them, Verily I say unto you, Inasmuch as ye have done it unto one of the least of these my brethren, ye have done it unto me.

-           Wanneer jy na die ewigheid oorgaan, neem jy net jou karakters met jou saam.

-           Tyd is die beste uitdrukking van liefde.

Gal 5:13

13 ¶ Want julle is tot vryheid geroep, broeders; gebruik net nie julle vryheid as 'n aanleiding vir die vlees nie, maar dien mekaar deur die liefde.

13 ¶ For, brethren, ye have been called unto liberty; only use not liberty for an occasion to the flesh, but by love serve one another.

 

14  Want die hele wet word vervul in een woord, naamlik: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.

14  For all the law is fulfilled in one word, even in this; Thou shalt love thy neighbour as thyself.

-           Deur tyd te bestee word ‘n stukkie van jou lewe gegee wat jy nooit weer terug kry nie.

-           As jy tyd spandeer aan iemand of iets is dit ‘n stukkie van jou lewe wat jy gegee het. D.w.s. tyd = jou lewe.

-           as jy wil wys hoeveel jy vir iets of iemand omgee, meet die tyd wat jy daaraan spandeer, dit bepaal jou liefde vir daardie.

-           wys dus hoe belangrik verhoudings is, deur daad, jy vergeet jouself.

-           Jy maak opofferings/offer wanneer tyd gegee word, offers is die wese van liefde. Jy gee iets prys tot voordeel van ander.

Ef 5:2

2  en wandel in liefde, soos Christus ons ook liefgehad het en Hom vir ons oorgegee het as 'n gawe en offer aan God tot 'n lieflike geur.

2  And walk in love, as Christ also hath loved us, and hath given himself for us an offering and a sacrifice to God for a sweetsmelling savour.

-           nou is die beste tyd om lief te hê: Waarom? Jy weet nie hoe lank jy nog die geleentheid het nie want more is nie vir jou gewaarborg nie.

 

Jy het dus ‘n plek om te behoort.

-           jy word geroep om te behoort want jy is saam gevoeg en saam erfgenaam.

Rom 12:5-9

5  so is ons almal saam een liggaam in Christus en elkeen afsonderlik lede van mekaar.

5  So we, being many, are one body in Christ, and every one members one of another.

 

6  En ons besit genadegawes wat verskil volgens die genade wat aan ons gegee is:

6  Having then gifts differing according to the grace that is given to us, whether prophecy, let us prophesy according to the proportion of faith;

 

7  is dit profesie, na die maat van die geloof; of bediening, in die werk van bediening; of wie leer, in die lering;

7  Or ministry, let us wait on our ministering: or he that teacheth, on teaching;

 

8  of wie vermaan, in die vermaning; wie uitdeel, in opregtheid; wie 'n voorganger is, met ywer; wie barmhartigheid bewys, met blymoedigheid.

8  Or he that exhorteth, on exhortation: he that giveth, let him do it with simplicity; he that ruleth, with diligence; he that sheweth mercy, with cheerfulness.

 

9  Laat die liefde ongeveins wees; verafsku wat sleg is; hang die goeie aan;

9  Let love be without dissimulation. Abhor that which is evil; cleave to that which is good.

 

10  wees hartlik teenoor mekaar met broederlike liefde; die een moet die ander voorgaan in eerbetoning;

10  Be kindly affectioned one to another with brotherly love; in honour preferring one another;

 

-           ons is lede van sy Liggaam – die kerk.

-           jy is dus ‘n noodsaaklike orgaan.

-           jy is vir ‘n bepaalde doel en rol geskep in die liggaam en jy sal jou tweede doel misloop as jy nie ‘n aktiewe lid in die liggaam is nie.

-           jy ontdek jou rol en die lewe deur jou verhoudings met ander in die gemeenskap/kerk.

-           as jy nie deel is van die liggaam nie sal jy ook verkrimmel en dood gaan net soos ‘n ledemaat van ‘n liggaam nie sonder die liggaam kan voortbestaan en op sy eie kan bestaan nie.

-           jou geestelike lewe verkrummel ook en gaan ook dood, daarom is ongereelde / Onaktiewe bywooning van byeenkomste die eerste tekens van geestelike agteruitgang.

 

Rick sê dan ook dat alles in die Liggaam/Kerk is: nl;

  • ‘n Doel waarvoor jy leef.
  • Lede met wie jy saamleef.
  • Beginsels waarvolgens jy leef.
  • ‘n Beroep/roeping om uit te leef.
  • Krag om van te leef.

 

Deur hierdie ervaringe te verkry “Raak net betrokke!!”

 

Omdat jy dan gebind of verbonde is tot die liggaam is dit uiters noodsaaklik “Beskerm jou kerk!”

-           dit is jou taak en niks is belangriker vir God nie.

 

Doel 3: Jy is geskep om soos Christus te word.

Rom 8:29-30

28  En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is.

28  And we know that all things work together for good to them that love God, to them who are the called according to his purpose.

 

29 ¶ Want die wat Hy vantevore geken het, dié het Hy ook vantevore verordineer om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat Hy die eersgeborene kan wees onder baie broeders;

29 ¶ For whom he did foreknow, he also did predestinate to be conformed to the image of his Son, that he might be the firstborn among many brethren.

 

30  en die wat Hy vantevore verordineer het, dié het Hy ook geroep; en die wat Hy geroep het, dié het Hy ook geregverdig; en die wat Hy geregverdig het, dié het Hy ook verheerlik.

30  Moreover whom he did predestinate, them he also called: and whom he called, them he also justified: and whom he justified, them he also glorified.

 

-           dit is jou lotsbestemming.

-           dit gee voorregte en waardigheid.

-           dit maak jou ‘n geestelike wese.

-           Ons groei proses is stadig en lank, geestelike volwassenheid is nie outomaties nie maar geleidelike ontwikkeling want ons leer stadig.

Rom 12:2

1 ¶ Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as 'n lewende, heilige en aan God welgevallige offer dit is julle redelike godsdiens.

1 ¶ I beseech you therefore, brethren, by the mercies of God, that ye present your bodies a living sacrifice, holy, acceptable unto God, which is your reasonable service.

 

2  En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.

2  And be not conformed to this world: but be ye transformed by the renewing of your mind, that ye may prove what is that good, and acceptable, and perfect, will of God.

 

3  Want deur die genade wat aan my gegee is, sê ek vir elkeen wat onder julle is, dat hy nie van homself meer moet dink as wat 'n mens behoort te dink nie; maar dat hy daaraan moet dink om besadig te wees na die maat van geloof soos God dit aan elkeen toebedeel het.

3  For I say, through the grace given unto me, to every man that is among you, not to think of himself more highly than he ought to think; but to think soberly, according as God hath dealt to every man the measure of faith.

 

2Kor 3:18

17  Die Here is die Gees, en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid.

17  Now the Lord is that Spirit: and where the Spirit of the Lord is, there is liberty.

 

18  En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in 'n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is.

18  But we all, with open face beholding as in a glass the glory of the Lord, are changed into the same image from glory to glory, even as by the Spirit of the Lord.

 

-           Ons moet Christus se karakters aanneem d.m.v. dieselfde keuses te maak.

 

Doel 4: Jy is geskep om God te dien.

-           Aanvaar hierdie opdrag.

Ef 2:10

10  Want ons is sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel.

10  For we are his workmanship, created in Christ Jesus unto good works, which God hath before ordained that we should walk in them.

-           Jy is vir ‘n spesiale sending hier geplaas.

-           Jy is gered om sy heilige werk te doen.

-           Jy is dus vir diens gered.

-           Jy het ‘n plek, doel, rol en funksie in die koninkryk – bediening.

-           jy is geroep om God te dien.

2Tim 1:9

9  wat ons gered en geroep het met 'n heilige roeping, nie volgens ons werke nie, maar volgens sy eie voorneme en genade wat ons van ewigheid af in Christus Jesus geskenk is,

9  Who hath saved us, and called us with an holy calling, not according to our works, but according to his own purpose and grace, which was given us in Christ Jesus before the world began,

 

Rick wys ook daarna dat ons moet vir die ewigheid gereed maak!

 

Rick maak ‘n stelling en sê wat ware dienaars doen:

1.                  Dien God deur ander te dien.

2.                  Stel jou diens beskikbaar en wees gereed.

3.                  Doen wat ook al nodig is – alles.

4.                  Skenk aandag aan behoeftes.

5.                  Doen beste – geen verskoning.

6.                  Doen met toewyding – groot of klein.

7.                  Bly getrou.

8.                  Bly op agtergrond, nie self op hemel nie.

 

Doel 5: Jy is vir ‘n sending geskep.

-           God werk in duisternis, sluit aan. Hierdie opdrag word jou sending genoem.

Spr 11:30

30 ¶ Die vrug van die regverdige is 'n boom van die lewe, en hy wat siele win, is wys.

30 ¶ The fruit of the righteous is a tree of life; and he that winneth souls is wise.

 

-           Jou bediening is diens aan ander.

-           Vervul dus jou bediening of misie – Latynse woord vir “om te stuur”

-           Jy is die verteenwoordiger van Jesus Christus.

-           WAT IS JOU SENDING? – Om mense (siele) voor God te stel.

2Kor 5:20

20  Ons tree dan op as gesante om Christus wil, asof God deur ons vermaan. Ons bid julle om Christus wil: Laat julle met God versoen.

20  Now then we are ambassadors for Christ, as though God did beseech you by us: we pray you in Christ's stead, be ye reconciled to God.

-           Jou sending gee betekenis in jou lewe. Dit is wat jy maak op die aarde.

 

(Terug na begin)